LW. PSSA lede moet asb hulle ‘M’ nommers op photovaultonline gebruik. Dit verskyn op julle lidmaatskapkaartjies. As julle onseker is, vra my, ek het ‘n lys.
As jy die eerste keer die stelsel wil gebruik moet jy eers registreer. Gaan na PhotoVault en kliek op die registreer opsie en vul die nodige velde in. Sodra jy die bladsy ‘submit’ sal ‘n email na die gespesifiseerde email adres gestuur word. In die email sal ‘n webadres wees wat jy moet volg om die registrasie te voltooi. Onthou om ook in die ‘junk’ fouer te kyk as jy dink dat jy nie die email ontvang het nie. Hierna kan jy inteken op Photovaultonline met die gekose ‘Login id’ en wagwoord wat ook in die bevestiging email sal verskyn.
Wanneer jy aangeteken het gaan na “My Photo Vault” menu opsie. Die idée is om jou fotos in die area op te laai (soos ‘n foto album) en dan later fotos uit die area toe te ken aan die afdeling/gebeurtenis waar jy dit wil inskryf (klubaande of salonne wat die stelsel gebruik). As die foto opgelaai is sal daar ‘n klein weergawe van die foto gewys word as bevestiging dat die foto opgelaai het.
Omdat Vanderbijlpark reeds die Photovault klub bevorderinstelsel gebruik is die inskrywings nie op die gewone plek nie. Inskrywing is onder “My Club” en click dan op “My Club Entries”. Kies dan Vanderbijlpark.
Hoofsaaklik vir nuwe lede: Indien jy nie die opsie van Vanderbijlpark kry nie click op “Join Club” en kies Vanderbijlpark. Johan Enslin of Deon Ferreira sal jou dan “accept”. Dit mag ‘n dag of so neem, moet dus nie te laat wag om te “join” nie.
Daarna sal jy onder “My Club Entries” Vanderbijlpark kan kies, en dan kan inskryf.
As jy klaar jou fotos opgelaai het, kliek op die “My Clubs” menu item en kies “My Club Entries”. Daar is ‘n lysie met keuses waar jy wil inskryf. Soek na die gebeurtenis waarvoor jy wil inskryf.
Die volgende bladsy kliek die button en dan kry jy ‘n lys van beskikbare kategorieë (Maandonderwerp & Ope afdeling). Kliek op die kategorie waar jy fotos wil toeken, dit sal jou na ‘n bladsy vat waar daar oop plekke is op fotos toe te ken.
Kies die regte foto uit die lys en kliek ‘Save’. Jy sal weer ‘n klein weergawe van jou foto sien as bevestiging dat die foto by die kategorie gevoeg is.
As jy klaar is met die kategorie, kliek op ‘Back to My Entry Overview’ om terug te gaan na die lys van kategorieë. Kliek op die link vir die ander kategorie as jy daar wil inskryf en herhaal die proses.
Let wel: Jy kan ‘n maksimum van 4 beelde inskryf by die klubaand. Dit kan bestaan uit 3 in die ope afdeling en 1 maandonderwerp of 2 in die ope en 2 maandonderwerpe. As jy nie ‘n maandonderp inskryf nie, mag jy maksimum 3 beelde inskryf in die ope afdeling.
Let asb op dat lede op die stadium self verantwordelik is om hulle stergradering op Photovault reg te maak wanneer hulle bevorder word.
Reëls vir inskrywing
E-Fotografie inskrywings vir die klubaand word op gedoen. Julle inskrywings moet asb op die laatste teen Dinsdag voor die klubaand om middernag opgelaai wees. Die aanlyn inskrywing sluit reeds die Vrydag voor die klubaand om middernag. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Maak asb seker dat jy die presensielys by die klubaand teken, anders kan jou inskrywings gediskwalifiseer word later. Die aanlyn inskrywing fotos en kommentaar kan op die klub se webblad besigtig word by "Online Comp".
Lede word daarop gewys dat die gebruik van dieselfde of soortgelyke foto in twee verskillende mediums bv. in digital kleur en digital monochroom nie aanvaarbaar is nie. Dit word geheel en al ontmoedig.
‘n Maksimum van drie beelde per media mag ingeskryf word. Van hierdie drie beelde moet daar ten minste een aan die maandonderwerp voldoen. ‘n Maandonderwerp inskrywing is nie verpligtend nie, maar dan mag jy hoogstens twee eie keuses inskryf per media. ‘n Vierde beeld kan ingeskryf word, maar sal aanlyn en nie by die klubaand beoordeel word nie.
As ’n fotograaf nie teenwoordig is nie, sal sy/haar fotos nie beoordeel word nie. Die motivering vir hierdie reël is dat ’n fotograaf uit die kommentaar van die beoordelaars moet/kan leer. As jy nie daar is nie, kan jy nie leer nie en dus nie groei in jou gekose kunsvorm nie.
As jou goues vir ‘n spesifieke ster gradering vol is, maar jy kort nog salonne om amptelik bevorder moet word, moet jy reeds op die volgende ster gradering inskryf vir beoordeling op klubvlak. Dit beteken dat jy jou stergradering asb op Photovault moet regmaak na die volgende ster gradering. Lede is op die stadium self verantwordelik om hulle stergradering op Photovault reg te maak wanneer hulle bevorder word.
Alle digitale beelde word beoordeel deur ‘n View program “The Other Project” op ‘n gekalibreerde skerm/projektor (Gamma value 2.2 and White point 6500°). The other Project is gratis beskikbaar op die net by https://www.photovaultonline.com//photovault/help/TheOtherProjectSetup2102.exe . Dit is dieselfde viewer wat by Salonne gebruik word.
Beelde moet in JPG leêr formaat wees met ‘n maksimum van grootte 500kb en 1920×1080 pixels. Horisontale beelde moet ‘n maksimum wydte hê van 1920, en maksimum hoogte van 1080. Vertikale beelde moet ‘n maksimum hoogte hê van 1080. As jy wil weet hom dit te doen in Photo Shop kyk na die link… "How To add a frame and resize and change your colour profile".
Die benamings reels is nie meer van toepassing op die Photovault stelsel nie. Omdat lede self daar registreer word al die inligting uit die stelsel gekry en lede hoef die fotos slegs te benaam met hulle titel, bv “Geel blom”.
Die fotos moet elke maand op die Photovault webblad gelaai word PhotoVault.
Hit counter powered by Free-Counters.org
© 2019 VDBP-Photo.org.za. All Rights Reserved | Development by Why Web Developments
Design by W3layouts