Surfing concentration
by Mietsie Visser
Die foto slaag daarmee om die storie te vertel van die emosie en konsentrasie van die branderplankryer mooi vas te vang die komposisie is goed dit wil voorkom of die water skerper in fokus is as die onderwerp
Skimmer
by Suzy de Beer
n vinnige sluiterspoed het die voel goed vas gevang en vertoon skerp die agtergrond is mooi ek dink n stadiger sluiterspoed met effens beweging op die punte van die vlerke sal die foto meer dinamies maak die wit stert vere is ligter as die res van die wit vere en verloor tekstuur om spasie voor die voel te los is goed maar daar is teveel negatiewe spasie,probeer so n derde van dit af te sny met die verwerking is die halo om die voel meer uit gelig
No smoke
by Haig Fourie
Goeie komposisie en illustrasie van beweging props wat draai kan effens die lig intensiteit verminder
Uitkyk
by Chris Bester
die kleure van n troupand kan nooit misgekyk word nie die foto is pragtig skerp op die kop en daar is n mooi glinster in die oog die beligting was dalk nie optimaal nie en in n poging om die skaduwees onder die onderwerp ligter te maak met die verwerking het dit onnodige grein veroorsaak bring daardie verstelling net bietjie terug
lang pad na nerens
by Pikkie Marais
n Foto met goeie lyne wat jou inlei dieper in die agtergrond in en jou oog vat na die silos als is skerp wat skerp moet wees ek soek net iets wat my aandag sal hou en nie laat ronddwaal nie soos bv n persoon ent af op die spoor
Bybly
by Louisa Scheepers
Goeie aksie en emosie vasgevang foto bietjie oorbelig op plekke kop en arm van bal draer
Uitstekende landskapfoto met n verskil die perspektief vannuit die grot werk uitstekend en dra by om die kyker se oog dieper in die landskap in te forseer die foto is mooi skerp met die korrekte kleurversadiging
Mountain Roach
by Azelle Marais
Die insek maak van die foto amper n abstrakte foto die kleurversadiging is goed aangesien die insek in die middel is sal ek voorstel om die kante te sny om die raampie so na as moontlik vierkantig te maak in die toekoms probeer om insekte so af te neem sodat die kop ook sigbaar is die onderwerp is nie so skerp as at dit kan wees nie en meer diepte van veld sal ook n pluspunt wees
Suikerbekkie
by Renee Storme
Mooi kleurbalans en agtergrond mooi uit spel voel staan uitgoeie komposisie beligting op die kop oog en deel van kop in skadu