At the edge
by Koos Fourie
Fantastiese lig in die foto Die rots en grassies voor gee n goeie fokuspunt en basis Die spatsels lig agtertoe in die foto gee baie mooi dieptein die landskap
Gif pyl
by Haig Fourie
Baie goeie fokus Beligting ook goed hanteer Probeer volgende keer bietjie meer waaghalsig wees met n stadiger sluiterspoed as jy n mooi panning skoot soos die kry om n bietjie beweging in die wiele te kry vir nog meer impak "
Ground Zero
by Suzy de Beer
Ek hou van die idee wat jy toegepas het om die perd te gebruik om n raam te vorm vir die perd en ruiter in die agtergrond.Die perd en voorgrond en selfs die ruiter agter is in fokus.Met hierdie idee sou ek voorstel jy gebruik n skoon voorgrond want die gras voor die ruiter en perd is steurend. Die foto vertoon effens onder belig asook die kleur oorversadig.
Juan close up
by Mietsie Visser
Mooi portret van hierdie liggaamsbouer. Mooi oog kontak. Agtergrond komplimenteer die foto.
Kite surfing
by Neville Hein
lekker aksie en goeie komposisie. Skerpte ontbreek effens en die lig was ook hard wat van die impak laat verlore gaan
Off road action
by Elsje Vermeulen
Foto met baie aksie en die die voertuig is skerp. Met wiele wat tol en modder wat spat het die foto impak (goeie gebruik van stadige sluiterspoed). Kon dalk meer spasie gelos het vir die voertuig om in te beweeg. Met sagteware is dit moonlik om die ligte agtergrond donkerder te maak en meer detail te kry in die donker skadu gedeeltes.
Oppad
by Chris Bester
Mooi aksie van impala se draffie. Beligting is baie goed, Sprinbok is skerp. Agtergrond komplimenteer foto.
Racing for the ball
by Chanel Enslin
Goeie aksie met goeie fokus. Beligting is korrek hanteer maar die lig omstandighede was nie ideaal nie en laat van die impak verlore gaan
Shadow is 2
by Nicky Jansen van Vuuren
n Foto wat n mooi storie vertel van n troeteldier wat verjaar Die gesig is skerp van sy snoet tot by sy ore dit gesê gebruik n hoër F stop om meer in fokus te kry soos ook die versnappering voor hom Oppas vir te naby crop sy linker voet is raak gesny In die toekoms met so n donker agtergrond probeer n lig van agter om meer seperation te kry van die agtergrong
Stukkende ore
by Louisa Scheepers
Bedreigde spesie op n mooi lae hoek afgeneem. Agtergrond en omgewing is besig. Beligtingstoestande was nie optimaal nie.
Vaaldam Sluise
by Madre Fourie
Die foto werk omdat jy lekker ingezoom het. Die rivier gee n goeie inleiding na die water wat deur die sluise kom. Goeie sluiterspoed wat detail in die malende water gee. Crop n klein bietjie aan die linkerkant om die boom op die rant uit tehaal
Wengen train 3
by Renee Storme
Die foto kom op en ek wonder watse mooi toneel word verberg agter hierdie groot klomp sneeu aan die regterkant Die hele foto is goed in fokus Die kleure is mooi en die beligting goed hanteer al die detail in die sneeu is sigbaar Tyds berekining het jou in die steek gelaat die paal is smack hier in jou gesig en die mooi agtergrond word verberg deur die hoop sneeu