Baviaans
by Eanette Maass
Goeie storie met diagonale lyn paadjie van regs af in die foto in As gevolg van die invalshoek van die lig gaan tekstuur en impak verlore
Cheetah and flies
by Mietsie Visser
Die cheetah se gesig is baie mooi skerp met die oe wat jou aandag trekDie beligting is uitstekend en die agtergrond is mooi uitspel
Alittle wet
by Haig Fourie
Goeie storie vertel portret van n atleet wat sopnat is Tegnies is daar al die punte wat saak maak goeie beligting skerp vinnige sluiterspoed en die agtergrond uit fokus agv lae fstop Die impak gaan verlore omdat die atleet heeltemal wegkyk Sou die fotograaf gewag het tot die atleet meer in die rigting van die kamera gekyk het om ook die uitdrukking vas te vang kon dit die impak verhoog het
A couple
by Suzy Louw
Mooi dramatiese beligting en goeie aksie Krop aan onderkant bietjie knap
Concentration
by Renee Storme
Die aksie is goed vasgevang in die foto Die agtergrond is nie steurend nie Die ruiter se gesig aan die regterkant van die foto is effe oorbelig maar oor die algemeen is die beligiting goed hanteer
Working together
by Pikkie Marais
Makro fotografie is nie maklik nie Soms verg dit baie geduld en baie fotos Sluiterspoed was vinnig sodat die miere in fokus is op die koppies en gedeeltes van die voellers maar dit veroorsaak lae fstop en dus die vlak diepte van fokus Alhoewel die beligting goed hanteer is is daar is n paar hotspots op die miere wat die andag trek In die toekoms probeer om insekte op hulle hoogte af te neem dit verhoog ook die impak
Wilderness
by Neville Hein
Mooi weerkaatsing van die mense in die water Komposisie en beligting vir hoe impak ontbreek
Kubu tree
by Johan Joubert
Die ligte boom is die anker in die foto met die min wolke wat n lyn vorm en jou oog na agter neem waar die storm aankom Ek sal net die donker gedeelte aan die linkerkant bietjie ligter maak om meer detail te kan sien