Steel by die aasvoel
by Mietsie Visser
Uitstekende aksie en interaksie Die beligting is uitstekend hanteer en die foto is skerp Selfs in die skadu gedeeltes is daar detail Komposisie en kleurversadiging is goed
Rapid flow
by Haig Fourie
Kleurversadiging goed hanteer Witte nie uitgebrand nie Omdat ons van links na regs lees is dit die rigting waarin die oog vloei Draai die foto dalk op sy vertikale as om en kyk of dit nie die rustigheid vasvang nie
Rainy day
by Neville Hein
Sterk komposisie met prominente diagonale lyne Beligting en kontras kan verbeter word
dons veer
by Pikkie Marais
Mooi uitbeelding en kunstige aanbiedieng van die veer Die beligting is goed hanteer en die komposisie goed met die diagonale lyn wat die veerbasis gee Die foto kon so n titseltjie skerper gewees het en links onder is daar helder gedeeltetjies wat of verwyder of verdonker kan word Dit trek onnodig aandag van die middel af waar die eintlike foto is
Hyena pup
by Johan Joubert
Die hyena waarop die kleintjie staan gee goeie interaksie in die foto Kyk net na die verwerking voor sy bene en bors Dit lyk asof die agtergrond nie goed gekies het tussen die haartjies nie
Valskerm Springers
by Eanette Maass
Mooi kleurbalans in foto en die het n driedimensionele gevoel Baie digitale geraas in die blou en die voorste valskerm nie skerp nie
Red ball chase
by Chanel Enslin
Die aksie is uitstekend vasgevang Die foto is skerp met goeie kleurversadiging en komposisie Daar is detail in die donker gedeeltes en die detail in die gesigte is n bonus Die foto kan moontlik verbeter word deur die baie helderwit gedeelte van die onderkant van die paal te verdonker en die beligting binne in die nette vertoon ligter as die res van die wolke
The croc 2
by Renee Storme
Mooi lig op die kop en nek van die krokodil Veral die oog is mooi belig Die uitgebrande gedeeltes as gevolg van die weerkaatsing van die lig veral op die skubbe op die rug trek aandag weg
Praying Mantis
by Madre Fourie
Beligting op hotnotsgod is goed en skerp in fokusKan bietjie wegkrop links om van die uit fokus gedeelte te verminder