Field Flower
by Pine Pienaar
Die fokus op die blom self is goed. Die geel is baie treffend. Vir my is die foto effe te helder die hele foto kan bietjie donkerder gemaak word. Crop nader die stukkie stam onder is steurend en links is baie onnodige spasie.
Gestreepte oe
by Haig Fourie
Oe mooi skerp. Wit kolle wat mens se aandag aftrek.
Goud in die mond met die morestond
by Chris Gouws
Daar is mooi detail in die rotse. Agtergrond is mooi. Ek sou net die persoon meer op n derde in die foto gesit het,
Happy dancers
by Johan Brits
Die oomblik is goed afgeneem em die pose is goed. Goeie skerpte in die foto en ook goeie beligting. Die donker uit fokus agtergrond laat die dansers goed uitstaan. Jammer die agtergrond figuur aan die regterkant is nie volledig in die perntjie nie.
Hunting mode
by Mietsie Visser
Mooi aksie. Sou dalk bietjie van die voorgrond minder maak.
Kgalagadi Thunder Storm
by Koos Fourie
Wolke is dramaties. Boom is mooi op n derde. Goeie foto.
Laaste sonstrale
by Neville Hein
Pragtige toneel met n mooi verskeidenheid van kleure. Die pienk lug links balanseer mooi met die kleure in die rotse regs. Ondanks die lae lig toestande is daar regdeur goeie detail in die foto. Vir my ontbreek daar wel skerpte in die rotse voor wat pla.
Oppad stal toe
by Dricky Gouws
Mooi foto. Agtergrond bietjie te lig. Gras lyk oorversadig.