Bruin vlieg
by Dricky Gouws
Baie mooi beligting en kleure in die foto. Die agtergrond is mooi sag en uit fokus. Die vlieg is mooi n bietjie klein in die formaat en die vlieg is ook nie heeltemaal skerp genoeg nie.
Buffel by die water
Byevanger
by Pierre Erasmus
Mooi helder byevanger. Ligte kol agter die voel trek aandag af. Probeer voor en agter crop, meer portretstyl sal aandag meer op voel plaas.
Canola eenvoud
by Koos Fourie
Pragtige landskap. Die drie vlakke van kleure werk goed en skep mooi diepte veral deur die manier hoe die lig daarop val party areas meer lig en ander meer in skadu. Die rytjie bome is n baie sterk fokuspunt
Drops in the morning
by Haig Fourie
Pragtige siloette van die grashalm en waterdruppels, mooi vroegoggend beligting, sterk inpak en mooi storie
Hadeda rigtingwyser
by Rika Schoeman
Hou van detail op sy vere. Hadeda is ongelukkig te veel in hoek ingedruk. Die helder pad en naambord kompeteer te veel met die voël.
Juvenile Hyena
by Chris Gouws
Goeie skerpte van die kop en oe van die hyena. Die sy beligting werk ook goed vir ekstra impak. Die agtergrond is bietjie helder en kompeteer met die portret.
Kos mos niks
by Madre Fourie
Mooi goed beligte kosmos foto, die grassies voor die blomme pla en sal beter doen in portred formaat net die vertikale rangskikking
Lelies van die veld
by Chris Bester
Die wit en rooi Impalalelies staan mooi uit teenoor die natuurlike agtergrond. Jammer daar was nie bietjie minder grassies links bo nie, maar dit is die natuur.
Monkey
by Suzy de Beer
Die bobbejaan is mooi in fokus en goed geplaas in die foto. Die agtergrond is ook mooi en nie steurend nie. Die foto is n stop of so te lig. Omdat ons sy/tru beligting het is dit nie nodig om so baie detail in die skadukant van die bobbejaan te sien nie.
Ou Plaas Dorp
Ou Plaas Dorp
by Pierre Fourie
Die ou skuur vertoon mooi in die vroegaand beligting,voorgrond baie donker en ek soek na n punt van belangstelling.
Serendipity
by Elsje Vermeulen
Mooi silouhette met mooi warm kleure. Miskien kan jy bietjie van die baie donker voorgrond afsny.
Spponbill looking for food
Spoonbill looking for food
by Johan Brits
Baie goeie aksie en die lepellaar is mooi skerp so goeie keuse van sluiterspoed om die aksie te vries. Die foto is in geheel n klein bietjie te donker.
The gathering
by Jan Jacobs
Baie goeie aksie en interaksie tussen die mariboes. Kleurversadiging en fokus is goed Goeie gebruik van n vlak diepte van veld wat vir n uit fokus agtergrond sorg
Tranquil lighthouse scene
by Mietsie Visser
Goeie beligting. Sou voorste rots of lighuis skerper in fokus wou sien. Probeer ook onder crop sodat rots op 1/3 sit. Baie mooi.
Windpomp in Weskaap
by Pine Pienaar
Mooi toneel met die pragtige blomme. Die windpomp is n sterk fokuspunt en die diagonaal van die wolke trek mens se aandag verder soontoe. Die bossies links en die stuk van die boom regs pla my as gevolg van die manier hoe dit gecrop is.