Asseblief Ma
by Rika Schoeman
Die olifante staan mooi uit teen die agtergrond waar mooi kontrasteer . Redelike skerpte op die olifante. Die foto is in geheel bietjie te bright en kan effes donkerder gemaak word en deur die kontras n effe op te skuif sal die foto sterker vertoon
Blue flower after the rain
by Renee Storme
Alle wat n macro foto nodig het, maar blom te sentraal,crop af regs .Waterdruppel op stuifmeeldrade nie nodig nie en bring punte af
Cloudy hole in the wall
by Chanel Enslin
Pragtige panorama. Die onweerswolke dra baie by tot die emosie in die foto.Die beligting is goed hanteer en die Hole In The wall skep n goeie fokuspunt. Die horisonlyn in die middel van die foto deel egter die foto in twee. Dalk moet n stukkie voorgrond weggesny word. Dit sal self sterker fokus op die fokuspunt plaas.
Concentration
by Koos Fourie
Lekker sterk aksie. Die bouler is mooi skerp en jou tydsberekening was goed. My voorstel is om die advertensieborde heeltemaal uit te crop dit sal die steuringe verwyder en nog meer klem op die aksie plaas.
Die veld is weer vrolik
by Elsje Vermeulen
Baie mooi in die natuur foto. Foto te besig met geen punt van belasngstelling nie,sou verbeter as foto van voor geneem was.
Fish eagle leftovers
by Mietsie Visser
Die foto is pragtig skerp en die diepte van veld laat die onderwerp sterk uitstaan.Die beligting is goed met hier en daar n stukkie wit vere wat wil uitbrand. Goeie foto.
Giraffe Portrait
by Pine Pienaar
Interessante foto duer net die kop en gedeelte van die nek van die kameelperd te wys. Mooi agtergrong en ek hou van die feit dat die nek agter die bos uitkom. Die kop is mooi skerp maar die foto is in geheel bietjie bright
GT63S shining through
by Johan Enslin
Stunning foto, dubbele raam met die groen help om foto te verbeter. Sou graag die moter op die vloer wou sien staan .Links sny die motor te direk af, benodig spasie voor die raampie.
Leader
by Tom Prins
Die sluiterspoed was goed om die beweging vas te vang en die fietsryer te isoleer.Daar is genoeg skerpte in die gesig area en die beligting is baie mooi. Dit wil voorkom asof daar iets fout gegaan het met die verwerking by haar been, broek en saal gedeelte.
Lemuel
by Chris Gouws
Pragtige gesigsuitdrukking met die vrolike kleinding. Oomblik mooi vasgelê. Mooi hoek so effe van die kant af. Die gesiggie is effe oorbelig as gevolg van die herde direkte beligting. Die foto kan heelwat donkerder gemaal word. Die verwerking agter die koppie en op die skouer is nie goed gedoen nie.
Red and Blue
by Haig Fourie
Suksesvolle sport foto met alles in fokus,aksie ,baie emosie, goeie komposisie en vertel n nice storie
Ster
by Dricky Gouws
Baie mooi portret van hierdie perd met die beligting so dat die agtergrond donker is en die onderwerp pragtig uitstaan. Die wit kol op die kop neig so n bietjie na te helder wees
Vitamin C
by Chris Bester
Mooi oomblik vaan aksie met die voerdery. Mooi sagye agtergrong wat die voëls mooi laat uitstaa. Die otras in die foto is effe te hoog en daar is heelwat areas wat te donker is en waar die detail verlore gegaan het.
Young biker practise
by Johan Brits
"Pagtige sport foto met impak. Komposisie, kleur saturasie en beligting goed hanteer. Probleem kom in met die sluiterspoed wat te hoog was om detail indie wiele te gee en dan was die panning te vinnig om die motorfiets te laat stilstaan. Die fiets beweeg en so verloor jy fokus op die fiets, skouers en kop van die jaer. "