Online Competition - Online Winner
Abandoned Garub Station
by Koos Fourie
Landskap foto met hoë impak. Aleen staande bouvallige huis iewers in die woestyn vlakte met pastel kleure in die agtergrond. Hoe F-stop en lae sluiterspoed met kamera heel waarskynlik op n driepoot maak dat alles in fokus is van voor tot agter. Komposisie goed. Die beligting voel ek effens aan die donker kant, lig dit met ongeveer n derde stop en doen selektiewe bewerking op die huisie om dit meer te laat uitstaan en die aandag meer op die huis te vestig as die boom. Sny effens aan die bokant weg vir n meer panorama effek.
Attitude
by Chris Bester
Mooi foto van die valkie wat geneem is net toe hy land en nog sy balans vind. Komposisie is goed met genoeg spasie voor hom. Beligting op wit onderwerpe bly n uitdaging en hier het ons ook oorbeligting op die rand van die vlerk en regter bo-been. Fokus is effens beter op die stertvere, wat in die lig, is as op die oog.
Female lion on the run
by Johan Brits
Pragtige aksie. Beligting en fokus is puik.
In aanbou
by Rika Schoeman
Mooi raakgesien. Goeie komposisie met vink aan linkerkant wat dan ook in die foto inkyk. Agtergrond is mooi uit fokus. Om te verbeter 1) Beligting - foto aan helder kant. Ander lig toestande sou impak vehoog het. 2). Skerpheid. Foto nie skerp genoeg. 3) Crop. Foto is biejie knap gecrop en gee die gevoel dat die vink in die raam ingedruk is.
Leonie en Velesca
by Haig Fourie
Die fotograaf het geslaag in wat hy vir die kyker wil wys.Die kleurvolle gesigte word duidelik uit gebeeld. Beide modelle is skerp en beligting lyk aanvaarbaar. Volgens die catch lights in die oë is hierdie foto geposeer, dus dink ek n portret van elke model sou n beter keuse gewees het of n ongelyke getal modelle, bv 3 wat in n driehoek poseer sou ook n beter koposisie gewees het. Die gesigte van die modelle staan mooi uit maar in die geheel gesien kort daar agtergrond beligting om die modelle van die agtergrond uit te lig.
Palominos
by Suzy de Beer
Mooi kunstige foto. Eenvormige kleure verhoog die impak. Daar kort egter beter fokus en kontras op perde om impak verder te verhoog.
Ride like a cowboy
by Elsje Vermeulen
Baie mooi aksie van perd en ruiter vasgevang. Goeie komposisie met perd wat om drom begin draai. Lekker konsentrasie op ruiter se gesig en sy liggaamshouding verhoog die impak. Om te verbeter: Beligting - foto is aan die helder kant en ander beter lig toestande (sagter lig) sou impak verhoog. 2) Agtergrond - die agtergrond is besig en trek kyker se aandag af.
Surfing it up
by Chanel Enslin
Sport foto met lekker aksie en die keuse van n portret aanbieding is goed. Hoë sluiterspoed en lae f-stop is die gevolg dat die foto mooi skerp is met agtergrond wat uit fokus is. Die beligting van die foto lyk effens flat en is met ongeveer n derde van n stop onder belig. Die helder wit druppels in die foto is steurend en daar is ongelukkig baie oor die braderplank ryer.
The lovers
by Renee Storme
Goeie oomblik vasgevang. Foto het groot impak en is baie skerp. Effe meer lig op mannetjie se lyf sal die foto verder verbeter.