3 Pale
by Haig Fourie
Goeie komposisie met goeie beligting. Krop links om handvatsel te verwyder.
Approaching fishing boat
by Johan Enslin
Mooi foto van n vissersboot op die kalm see. Boot is mooi skerp en hou van die weerkaatsing in die water en die voels dra by tot die rustigheid. Die beligting is bietjie plat as gevolg van die bewolkheid.
Cautious
by Koos Fourie
Die voorkant en die kop van die luiperd is pragtig skerp, maar die beweging agter is effens steurend. Die agtergrond is ook nie sag genoeg om die onderwerp nog mooier te laat uitstaan nie. Die beligtig is pragtig.
Feesmaal
by Jan Jacobs
Goeie storie met skerp fokus en goeie komposisie.
Gewaarwording
by Neville Hein
Mooi foto van n wildehond. Die kleur van die wildehond is mooi en hy is mooi skerp in die gesig. Die agter grond is n bietjie besig, dink as jy n hoër f- stop gebruik het sou dit meer uit geblur gewees het. Die wilde hond se gesig is n bietjie donker ver al om die bek gedeel te.
Hippy photographer
by Chanel Enslin
Die agergrond van die foto dra ongelukkig nie baie by om die foto meer trefkrag te gee nie. Die wolke is baie mooi en die model is goed vasgevang, maar daar moes iets beter links agter gewees het of selfs van die spasie kon weg
Klipverkoper
Klipverkoper
by Pine Pienaar
Goeie storie en skerp fokus op die punt van belangstelling. Foto besig met agtergrond regs bo steurend.
Lizmari en Jayden
by Dricky Gouws
Mooi foto van die 2 kleintjies. Nie maklik om hulle stil te kry nie. Die pers blomme agter hulle trek bietjie my aandag af, hulle is te in fokus, as jy n hoër f-stop gebruik het sou die skerp heid nie gepla het nie en dit sou n mooi sagte pers kleur gegee het. Die wit hemp en bloes is amper te helder en die blom op haar kop is daar geen detail nie.
Montecasino
by Nicolaas Louw
Baie mooi raakgesien, maar beligtig is onglukkig te helder op party plekke en te donker op ander. Was daar n fokuspunt, soos iemand op daardie mooi balkon het dit verseker tot n beter punt bygedra.
Morning coffee
by Renee Storme
Goeie komposisie met goeie beligting. Krop links om handvatsel te verwyder.
My ball
by Francois Roux
Goeie water polo aksie foto. Beligting uitstekend, niks brand uit nie ver al met die water en mooi kleur vol. Die bal is mooi skerp, dink net die ou met die rooi kon skerper gewees het.
Sonvanger
by Chris Bester
Baie mooi sagte beligting. Kon dalk die kontras so klein bietjie meer gemaak het vir net daai biejtie meer trefkrag.
Sparrow confrontation
by Tom Prins
Sterk aksie met goeie komposisie. Geraas op vlerk van voel regs en agtergrond verminder impak.
Stofbad
by Suzy de Beer
Die olifant is mooi skerp en belighting op die olifant is goed. Hou van die stof op die olifant. Die agter grond is n biejie op plekke te helder, so dit klein bietjie af gebring het. Die krop is vir my ook te nou, klein vir die olifant, voel of hy net net in pas.
Stonehenge
by Elsje Vermeulen
Foto met baie impak en goeie komposisie. Let op rand van rotse die ligte streep wat reggemaak kan word.
The hunger to win
by Mietsie Visser
Goeie aksie en goeie beligting. Kan links krop om foto te verbeter.
Wag vir die regte brander
Wag vir die regte brander
Wag vir die regte brander
by Chris Gouws
Mooi foto van branderplank ryer. Mooi kleur in foto. Die water is ongelukkig bietjie uit gebrand regs onder en die branderplank ryer is nie heeltemal skerp nie.