1962 John Deere 1010 Special
by Pierre Fourie
Interessante onderwerp Beligting is goed hanteer. Ongelukkig is die fokus nie voldoende nie Die foto is nie skerp nie Diepte van veld kan te vlak wees of kamera beweging omdat die sluiterspoed te laag was in die lae lig toestande
Bee in Lavender field
by Chanel Enslin
Die lig val mooi op die by was goed is Voldoende skerpte op die by ontbreek Die is meer n artistiese foto maar die hoofonderwerp moet so bietjie groter in die foto wees Crop bietjie nader nie te veel nie
Cheetah pair
by Koos Fourie
Die twee cheetas maak n interessante foto met hulle interaksie Goeie skerpte op hulle Die is n highkey foto maar ek vind wel dat daar te veel elemente in die foto is en dit vertoon effe besig
Done it
by Johan Brits
Baie goeie beligting op die atleet en goeie aksie met inspanning op die gesig wat goeie impak gee Crop nog bietjie bo af om van die wit van die gazebo ontslae te raak Goeie diepte v an veld om die agtergrond mooi sag te maak
Dusty boots
by Libbie Maritz
Baie oulike idee Die verwerking na mono sepia is gepas vir die foto Die kontras is bietjie te hoog wat veroorsaak dat detail in die swart skaduwee areas verlore gaan en die wit gedeeltes te helder is
Ek gaan jou byt
by Suzy de Beer
Lekker aksie en baie mooi skerp en die oe wat treffend is Die hele foto is te lig Bring die mid tones af om meer definisie te gee
Free as a bird
by Nicky Jansen van Vuuren
in geheel is die beligting goed hanteer Daar is nie ernstige hot spots nie Goeie detail in die vere Die agtergrond ook mooi sag en die voorwerp staan mooi uit Die diepte van veld is net te vlak want heelwat van die voel is nie in fokus nie
Gariep oorloop
by Neville Hein
Baie goeie weergawe van die gariep wat oorloop Die warm kleur van vroegoggend of laat middag gee goeie trefkrag Komposisie ook mooi met mooi balans tussen al die elemente
Hamerkop en brulpadda
by Mietsie Visser
Baie sterk aksie Baie goed belig Daar is goeie skerpte op die padda en die hamerkop se lyf Beide die padda en hamerkop se oe is nie vlymskerp nie moontlik as gevolg van bewiging tydens die aksie
Hekkies
by Marjoene Bakkes
Die oomblik van aksie is baie goed afgeneem en jy het mooi lig gehad Die wit van die hekkie balk is bietjie te helder Skerpte op die atleet ontbreek ook effe as gevolg van die beweging en te stadige sluiterspoed As jy aksie afneem wat na jou toe kom kies n vinnige sluiterspoed om die aksie te vries
Husky
by Elsje Vermeulen
Die sentrala plasing van die hond werk goed in die geval Die fokus op die oe is goed Daar is mooi detail in die swart van die ore en die kante van die kop Die wit op die lyf is goed maar die wit boop die kop is bietjie lig en helder
Iewers in die Kaap
by Pine Pienaar
Die komposisie is goed met die kar n sterk fokuspunt an die berge agter wat goeie diepte gee Fokus regdeur is bietjie sag en die gebrek aan sonlig maak die foto bietjie plat vertoon
Kaapse Vossies
by Johan Joubert
Pragtige foto met die lig wat baie mooi op die kleintjie val Gioeie keuse van diepte van veld met die kleintjie skerp en die volwassene uit fokus en ook sonder lig op Dit maak dat die kleintjie absoluut uitstaan as die fokuspunt
Mnr olifant
by Alancha Bakkes
Die olifant is baie mooi sentraal in die foto Ongelukkig is die foto nie mooi in fokus nie Die foto is ook te helder
Na die reen
by Renee Storme
Die vlieg is mooi geplaas in die foto en ook mooi in fokus Die wit van die blom is mooi sag en vorm n mooi agtergrond Die paar hotspots op die vlieg doen klein bietjie afbreuk aan die foto
Vintage Proteas
by Madre Fourie
Die antieke effek in die foto maak dit baie interessant Die feit dat die fokus regdeur bietjie sag is pla nie te veel in die foto nie want te dar tog by tot die effek Die foto kort n klein bietjie meer swart om dit n minder grys voorkoms te gee
Vroeg oggend 1
by Haig Fourie
Baie mooi lig en die warm kleure gee terfkrag aan die foto Die rotse gee n goeie fokuspunt Dit is net n bietjie te swaar met niks spesifiek om beter balans vir n sterker komposisie te gee nie
Its coming
by Chris Bester
Die besondere lig en drama tussen die groen en die donker lug sorg vir n baie dramatiese foto Wees net versigtig vir die noise in die bolug Ek dink ook die komposisie sal sterker wees deur n deel van die groen af te crop Dan sal die boom links n meer definitiewe fokuspunt maak