Beak Cleanup
by Tom Prins
Warm kleure en sybeligting verhoog impak. Agtergrond mooi uit spel. Oorbelig onder keel en voorpunt van bek afgesny.
Blue Hour
by Neville Hein
Baie mooi foto met baie atmosfeer. Bietjie meer voorgrond sou dalk beter gewees het.
Cheetah on the dune
by Mietsie Visser
Die beligting en veral die vonkel in die oë is treffend. Ek sou dalk in die geval waar die agtergrond nie so groot rol in die foto speel nie, meer gecrop het (veral onder, bo en regs).
Hunting for food
by Chanel Enslin
Goeie aksie en skerp fokus. Goeie lig en kleur balans.
Lale Longmere
by Pine Pienaar
Mooi foto. Sou meer van die voorgrond gecrop het want die impak van die foto le by die liggies.
Les die dors
by Suzy de Beer
Pragtige komposisie en beligting. Die onderwerp staan steeds duidelik uit teen die amper eenderse kleur van die agtergrond, danksy fotograaf se kennis om vlak diepte van veld te gebruik het. Mooi hanteer.
Mitsubishi stof
by Hannes du Plessis
Beweging goed vasgevang. Velddiepte en panning tegniek nie optimaal.
Slaaptyd
by Nicolaas Louw
Baie mooi foto met dramatiese agtergrond. Vertel n mooi storie.
Sossus Tree
by Koos Fourie
Treffende lyne en kleur dra by tot die impak van die foto. Nie veel wat ek sou verander as miskien klein bietjie meer spasie aan die linkerkant van die boom en so bietjie crop aan regterkant (net so tot voor die rots).
Spieel Beeld
by Haig Fourie
Mooi weerkaatsings en kleurbalans is goed. Kon meer inkrop op drie ganse bymekaar.
Swazi Cowboy mud
by Elrick du Toit
Goeie foto. Mooi aksie in die wiele. Foto sal meer impak hê deur die agtergrond donkerder te maak.
Waiting
by Chris Bester
Baie mooi foto, maar die beligting op die gesig van die valk het jou in die steek gelaat. Was daai ogie bietjie helderder/duideliker sou dit reeds die impak van die foto verbeter het.