Almost like sitting ducks
by Nicky Jansen van Vuuren
Skerp fokus op die eende en agtergrond mooi sag. Die komposisie (stuk van stomp ) nie optimaal.
Bearded in flight
by Francois Roux
Mooi foto van die baard aasvoel. Mooi interaksie tussen die aasvoel en fotograaf. Mooi skerp in die vlerke, kan miskien bietjie skerper in die gesig wees. Die swart gedeelte by die oog is ook n klein bietjie te donker.
Blue
by Mietsie Visser
Sommer n ekstra punt omdat ek die swemmer se oe kan sien. Lekker skerpte op gesig en hoed. Goeie beweging in water.
Cosmos on the farm
by Koos Fourie
Goeie beligting en skerp fokus op kosmos. Beweging van die windpompwiel sou die foto se impak verhoog het.
Dawid en Goliat
by Rika Schoeman
Goeie foto van die reuse reier. Daar is bietjie baie grein in die agter grond. Beligting goed hanteer maar ongelukkig is daar gedeeltes wat oor belig is.
Dolfyne kyk
by Pine Pienaar
Mooi beweging in die golwe en mooi kleur in die landskap. Ongelukkig het die lig op die boot jou in die steek gelaat. Dus is die lig op die bome n baie sterk kompetisie en trek die aandag af vanaf die boot.
Focused on the finish line
by Elsje Vermeulen
Goeie aksie en skerp fokus. Die ligte agtergrond ( helder geel regs bo) kon bietjie donker gewees het.
Free parking
by Chris Bester
Mooi foto van die motor. Mooi tekstuur waar hy al redelik geroes het. Ongelukkig is die donker en helder kolle wat bietjie oor belig is nie die ideale beligting nie.
Gariep
by Neville Hein
Mooi kleur in die wolke. Dit lig die foto op. n Groot gedeelte van die stomp in die voorgrond is egter nie skerp nie. Dit is ook n groot gedeelte van die foto en veroorsaak dus n hindernis en nie n ankerpunt nie.
Hallo hallo hallo
by Dricky Gouws
Skerp fokus op die perde en het impak met die perde wat almal in een rigting kyk. Die pale voor die perde vertoon baie sterk in die foto en beligting nie optimaal.
I love my country
by Chanel Enslin
Goeie foto van die model en die Suid-Afrikaanse vlag. Mooi skerp, beligting goed. Foto sou meer impak gehad het as daar n bietjie meer van die model se oe sigbaar was. Linker hoek bo, die wit kol is bietjie steurend.
Krapspinnekop
Metallic cricket
by Johan Enslin
Skerp fokus op die kriek. Die helder geel in die foto oorheersend. Kon bietjie onder gekrop het om geel te verminder.
Mounted archery
by Chris Gouws
Mooi aksie met die meisie en die pyl en boog. Foto mooi skerp. Beligting is bietjie plat, lyk of dit bewolk was. Die ander deelnemers se koppe wat bo die dak lyn uit steek is ongelukkig baie steurend.
Springkaan
by Renee Storme
Goeie skerpheid op die oog en die grootste gedeelte van die gesig. Ek hou ook van die kleur in die agtergrond. Probeer dalk om dit net agter die sprinkaan se skild te crop. Ek vermoed dit gaan die foto versterk.
Swartreier
by Suzy de Beer
Goeie aksie en baie detail in die swart.. Kon lig intensiteit bietjie verminder het.
Vroulike afrikaanse swerwer
by Haig Fourie
Uitstekende komposisie en kleurbalans met skerp fokus op die skoenlapper. Net omdat jy nie jou eie foto mag beoordeel nie, gaan ek kommentaar lewer. Ek hou van jou crop en die eenvormige agtergrond veroorsaak dat ek op die onderwerp fokus. Diepte van veld goed gekies. Dit is goed om die ogie op die oog te sien.