A swallows tale
by Jan Jacobs
Baie mooi aksie met die volwassene wat die kleintjie voer. Beligting is oorwegend goed alhoewel n klein bietjie detail in van die swarte wegraak. Goeie beweging in die vlerke van die volwassene met goeie skerpte op die oë.
Asem
by Haig Fourie
Baie mooi skerp sport foto,hoë sluiterspoed vang die aksie goed vas. Wil graag meer van die omgewing sien.
Because I love you
by Nicky Jansen van Vuuren
Die swart en wit verwerking is goed uitgevoer met goeie komposisie. Die agtergrond trek egter die aandag af.
Denker in die stadion
by Mauritz Faling
Baie sterk komposisie met die diagonale lyne van die stoele. Die model is ook goed geplaas Die feit dat net die hoed rooi gehou is werk in die geval. Die kontras kan bietjie hoër vir n beter tonal range deur die foto. n Klein bietjie kleur het op die gesig agter gebly wat effe steur
Drakensberg reflection
by Chanel Enslin
Mooi scape toneel met diepte, benodig meer verwerking en die huisie links met die krag drade hoord nie daar nie.
Dusty in aksie
by Thys Foord
Skerp fokus op vliegtuig met beweging in die propeller. Die kleur en lig balans op die agtergrond verminder die impak.
His eyes
by Renee Storme
Baie mooi naby ingezoom op die gesig en die feit dat mens die oë kan sien en dat die baie skerp is verhoog die impak. Die foto kort n klein bietjie meer lig dit kom effens dof voor
Hole in the wall
by Suzy de Beer
Mooi bekende natuur toneel. Fout met die oor prosessering van die foto
Leading lady
by Tom Prins
Baie mooi panning tegniek gebruik. Die skerp gedeelte is op die raam, en sou graag die skerpte meer op die gesig wou sien.
Lewerikdans
by Mietsie Visser
Baie goeie aksie met blur in die vlerke maar met die kop en oog skerp. Staan pragtig uit teen die uit fokus sagte agtergrond
Mandela Strelitsia
by Chris Gouws
Pragtige foto van die stralitsia. Lae F-stop skei die blom mooi van sy agtergrond.Fokus en beligting bly n probleem.
Mesosaurus Quiwer Tree
by Koos Fourie
Foto met impak en goeie komposisie. Die helder wit wolk net bokant die kokerboom trek baie aandag.
Om die kampvuur
by Neville Hein
Baie mooi storie en die foto is goed hanteer t.o.v. fokus en beligting. Die detail in die vuur kan dalk selektief so bietjie meer na vore gebring wordDie Agtergrond is ook mooi uit spel geplaas.
Spotted Maize Beetle
by Pine Pienaar
Mooi close-up foto van die besie.Agtergrond sonder definisie dra nie by tot die foto nie
Starter girl
by Elrick du Toit
Foto vertel n goeie storie met skerp fokus op die model. Die beligting in die foto verminder die impak.
Stuifmeel
by Nicolaas Louw
Mooi komposisie met die diagonale lyn van die stuifmeeldrarde. Beligting goed hanteer Ek sou links en onder n klein bietjie nader crop
When the day is done
by Elsje Vermeulen
Baie mooi see toneel met baie impak,vertel n storie wat ons ken 'n Weerkaatsing van die kleur van die wolke in de water sou die punt verbeter het.